• Home
  • Music
  • Lyrics
  • Contact
  • More
    • Home
    • Music
    • Lyrics
    • Contact
  • Home
  • Music
  • Lyrics
  • Contact

Lyrics

Dans In Die Donker

Dans In Die Donker

Dans In Die Donker

Kom ons wees eerlik

Die lewe gaan seer maak

Dis so normaal soos asemhaal  

Jy’t gedink jy het vrede

Toe val die lewe jou in die rede  

Gewonder hoe ver jy nog moet val   


Is geluk dan net vir eendag, as lig breek deur jou reëndag,

as elke klein probleem kan verdwyn? 

Maar eendag kom ook nooit nie, jy voel nie meer daar’s hoop nie

Dalk is daar ’n ander manier


Sing as jy voel of die wêreld eindig 

Jy kan lag in die doodsvalleie 

Die lig sal kom as ons net dans, dans in die donker

Moenie nou jou hart prysgee nie

Selfs die nag kan jou lig nie steel nie

Dit lewe diep in jou so dans, dans in die donker 


Iets moet verander

Sit een voet voor die ander

As jy deur hel gaan hou aan gaan

Want kyk die wêreld wag daar buite

’n Reënboog anderkant jou ruite

Al wat ons het is wat ons daarvaan maak 


Sing as jy voel of die wêreld eindig

Jy kan lag in die doodsvalleie 

Die lig sal kom as ons net dans, dans in die donker


Moenie nou jou hart prysgee nie

Selfs die nag kan jou lig steel nie

Dit lewe diep in jou so dans, dans in die donker 


Is geluk dan net vir eendag as lig breek deur jou reëndag,

as elke klein probleem kan verdwyn?

Maar eendag kom ook nooit nie, jy voel nie meer daar’s hoop nie

Dalk is daar ’n ander manier 


Sing as jy voel of die wêreld eindig

Jy kan lag in die doodsvalleie 

Die lig sal kom as ons net dans, dans in die donker

Moenie nou jou hart prysgee nie

Selfs die nag kan jou lig steel nie

Dit lewe diep in jou so dans, dans in die donker 


Geskryf deur: Jattie de Beer; Simoné Roets

Music Video

Ongerep

Dans In Die Donker

Dans In Die Donker

Ek sien jou daar staan

‘n Skadu van jouself

Wat sit agter daai blink glimlag?

Wanneer alles om jou bedaar

Waar gaan jy?

Met die leegheid wat jou pla

Waar gaan jy?


Dis ‘n fyn lyn tussen dit als bymekaar hou

Of heeltemal uitmekaar uitval


Breekbaarheid, is ‘n gegewe

Hou op streef, vergeet erkenning

Wees net hier, niemand is perfek nie


Jou stem draal voort

Leë klanke leë woorde is al wat ek hoor

Sal jy dit waag om stil te word?

Jou siel te stroop, jou hart ontbloot   

Wat sien jy?

In jou rouheid lê die mooi

Ek sien jou


Breekbaarheid, is ‘n gegewe

Hou op streef, vergeet erkenning

Wees net hier, niemand is perfek nie

En wys vir my, die ware jy

So ongerep, net soos jy is

Daar’s iets in jou, wat niemand anders het nie


Laat jou mure afkom, laat staan die valsheid 

Laat die lig weer inkom, kom uit die donker uit 

Laat die wind jou weer lei sprei jou vlerke uit tot jy jou hart weer kan hoor klop 

diep in jou wese  

Laat jou mure afkom, laat staan die valsheid 

Laat die lig weer inkom, kom uit die donker uit 

Laat die wind jou weer lei sprei jou vlerke uit tot jy jou hart weer kan hoor klop 

diep in jou wese  

Tot jy jou hart weer kan hoor klop


Breekbaarheid, is ‘n gegewe

Hou op streef, vergeet erkenning

Wees net hier, niemand is perfek nie

En wys vir my, die ware jy

So ongerep, net soos jy is

Daar’s iets in jou, wat niemand anders het nie


Geskryf deur: Simoné Roets; Jattie de Beer

Music Video

Herinner My

Dans In Die Donker

Om Elke Hoek en Draai

Lyrics on their way

Om Elke Hoek en Draai

Om Elke Hoek en Draai

Om Elke Hoek en Draai

Lyrics on their way

Skete

Om Elke Hoek en Draai

Hou Vas

Lyrics on their way

Hou Vas

Om Elke Hoek en Draai

Hou Vas

Lyrics on their way

Kleef

Al Wat Ek Weet

Kleef

Lyrics on their way

Wees

Al Wat Ek Weet

Kleef

Lyrics on their way

Al Wat Ek Weet

Al Wat Ek Weet

Al Wat Ek Weet

Lyrics on their way

Copyright © 2022 Simone Roets - All Rights Reserved.


Powered by GoDaddy

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept